Tuis. 01

(Tuis.) #1

die besoek werd


Kom ry met jou bergfiets stap deur die
wingerd of hou piekniek op ’n wynplaas. En
as jy oorslaap kan jy ook in die plaasdam
swem! Dit klink mos na vakansie.
Boschendal een van Suid-Afrika se
oudste wynplase het in 2013 van eienaars
verwissel en sedertdien is daar op dié
historiese landgoed gewoel. Tuiniers wat
soek na inspirasie kan ’n besoek aan dié
plaas gerus op hul vakansielysie sit.
Dis veral die nuwe groentetuin van


25 hektaar wat tuinmakers se oog sal vang.
Eers was dit ’n peerboord maar met verloop
van tyd is die ou bome verwyder en het dié
stuk land braak gelê. Dis toe dat iemand die
blink gedagte kry om ’n reuse-groentetuin
hier aan te lê – binne sig van die Werf
Restaurant. En so is ’n ware tuin-tot-tafel-
ervaring geskep!
Vandag sit al die eetplekke op die
landgoed – die Werf is maar net een van
hulle – daagliks kraakvars groente en vrugte

uit die tuin voor. En dis nie al wat hier
verbou word nie – ook die werfhoenders
plaaseiers en Angus-beesvleis op die
spyskaarte kom uit eie bodem en gaste sal
binnekort aan die plaas se eie skaap- en
varkvleis kan smul. Enige produkte wat
hulle nie self kan voorsien nie word van
volhoubare en eties betroubare bronne (en
sover moontlik plaaslik) aangekoop –
voorwaar ’n plaas met ’n gewete. >>

Januarie 2017 tuis 99

Free download pdf