Tuis. 01

(Tuis.) #1

Wat is die één ding wat ’n huis moet hê
om ’n tuiste te wees? Vir Johan en
Madeleine Smuts was dit die gemaklike
vloei tussen binne en buite wat sinoniem
is met Suid-Afrika.
“Met ons baie sonskyndae – en kan ’n
mens byvoeg ons braaikultuur – was dit
vir ons heel bo-aan die lys” sê Johan.
Hul vakansiehuis op Vleesbaai vloei
van leefkamer na kombuis na buitebraai.
Groot oopskuifdeure laat die kuierareas
binne en buite een word en met
skuifvensters wat op ’n toonbank net
buite die kombuis oopmaak word
niemand ooit van die geselskap
uitgesluit nie.
Hoewel dit oorwegend die gesin – hulle
het drie ongetroude volwasse kinders – se
bymekaarkomplek oor Desember is glip
Johan en Madeleine soms vir ’n naweek
soontoe; hulle woon immers minder as ’n
uur weg op George waar hulle Die
Waenhuis-gastehuis bedryf.
“In hierdie stadium van ons lewe
sien ons dit nie as ’n aftreehuis nie
eerder ’n wonderlike wegkom-van-alles-
plek wat ons in die toekoms al hoe meer
sal wil benut” verduidelik Johan.


[Dis in die detail]
Ou meubels en erfstukke het regdeur die huis nuwe nut gekry.
Madeleine vertel haar tannie Johanna se eetstel het ook weer nut
gekry en sommer die toon aangegee vir die huis se kleurskema:
ĞŝĞƌǀƌƵŐƉĞƌƐ͕ĚŽŶŬĞƌďůŽƵĞŶǀĂĂůŐƌŽĞŶ͘͞Ŷ͛ŶƟƚƐĞůƌŽŽŝ͘ůŬĞŚƵŝƐ
moet iets roois hê.” Die dubbelvolume en tussenvlak verskaf ’n
gevoel van ruimte.
Vir ’n bietjie “detail en pret” het Madeleine en die bouer ’n
stukkende ou porseleinbord in die vloer ingemosaïek (bo). Die stoele
met verskillende woorde wat begin met “saam-” (“saamspeel”
͞ƐĂĂŵǁĞƌŬ͕͟͞ƐĂĂŵĚƌŽŵ͘͘͘͟ͿŝŶǁŝƚĞŶƌŽŽŝ͕ǀĞƌƐŬĂĨ͛ŶƟŬŬŝĞ
speelsheid. Madeleine het dit met gewone PVA-verf en selfgemaakte
stensils op die rugkante aangebring.


Binne en buite is die
balustrades van hout
en staalkabels.

Slaap-kamer

Kombuis

Oordektedeel

Motorhuis

Leefarea Slaapkamer

Slaapkamer

Balkon

DubbelvolumeStudeer-kamer

Grondvloerplan Eerstevloer-
plan

Watertenk

N

Slaap- kamer

40 tuis Januarie 2017

Free download pdf