Tuis. 01

(Tuis.) #1

82 tuis Januarie 2017


raad


Vra


vir JJ


Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met
Derrich Gardner in sy program ƌĞŬĮƐŵĞƚĞƌƌŝĐŚ op RSG.

Before E-pos [email protected]


Speldekussings moet skuif
Danie Zeelie van Reebok in die Wes-Kaap skryf
Ek het twee speldekussings wat in volle blom is
maar ek moet dit skuif – ons bou ’n muur by ons
huis en dis in die pad. Kan ons dit verplant? Ek is
bang dit sal nie agterna herstel nie.
JJ antwoord Net soos
proteas hou speldekussings niks
daarvan om geskuif te word nie.
As jy moet stel ek voor jy wag
tot die vroeë winter wanneer dit
’n rusperiode binnegaan. Snoei
twee-derdes van die takke weg
om groei aan te moedig en maak
goed nat nadat jy die
speldekussing oorgeplant het.

Dit bly morsig!
Patsy Crisp van Kaapstad skryf Ek
woon in ’n woonstel op die grond-
verdieping en buite is daar ’n bedding
met ’n hoë vrugteboom in die middel.
In die winter gooi dit heeltyd blare af en
ek moet dit gedurig opvee. Die trustees
weier dat ek dit uithaal omdat dit in die
somer skaduwee vir die hoër woonstelle
bied. Al vaar die omringende plante
goed het ek dit al oorweeg om die boom
uit te haal houtplanke neer te sit en ’n
sithoekie te skep. Enige voorstelle vir ’n
aantreklike hoekie wat min moeite vra
sal baie welkom wees.
JJ antwoord Jy kan deur die jaar
van die takke verwyder maar solank
daardie boom daar is gaan jy met blare
sukkel. As jy ’n dek bou sal die blare nog
meer van ’n probleem word want dit kan
onder die dekplanke beland en verrot. Die
boom se wortelstelsel kan ook die planke
lig. Na my mening is jou beste opsie – met
die minste moeite – om in houers en potte
tuin te maak.
KONTAK JJ van Rensburg is ’n
tuinboukundige by Garden World in
Johannesburg; besoek gardenworld.co.za.
Free download pdf