Tuis. 01

(Tuis.) #1

Januarie 2017 tuis 85


Vang hom!
Molly Georgie Daisy en Riley sit en wag geduldig vir
die volgende tennisbal. – Tanja Bruce Linden

Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n Car Seat
Hammock vir honde of ’n middelslag-Cupcake Bed vir katte van Wagworld
(wagworld.co.za). Die hangmat beskerm motorsitplekke teen hare krapmerke en vullis
terwyl dit honde veilig hou. Die Cupcake Bed het snoesige kunspels aan die een kant en
koel katoen aan die ander kant wat warm is in die winter en koel in die somer. Albei is
beskikbaar by voorste veearts- en troeteldierwinkels. Stuur jou foto’s (minstens 2MB elk)
en volledige kontakbesonderhede [email protected]– dalk is jou dieremaat ook
’n wenner!Sien ons kompetisiereëls op bladsy 128.


’n Wenspan
Layla Basson van Johannesburg skryf
Watter hondesoort is die geskikste vir
jongkinders?
Dr. Quixi Sonntag ’n dieregedrags-
kenner en lid van die Suid-Afrikaanse
Veterinêre Vereniging en dr. Magdie van
Heerden ’n veterinêre maatskaplike
werker gee die volgende wenke:


  • Groot uitbundige honde soos labradors of
    ander retrievers kan maklik ’n klein kind
    omstamp en al is hulle baie liefdevol kan
    hulle skade in ’n huishouding veroorsaak as
    hulle te entoesiasties is en nie geleer is om
    selfbeheersing toe te pas nie.

  • ’n Klein hond is ook nie noodwendig beter
    nie: van die kleiner terriërs kan byvoorbeeld
    te lewendig wees en selfs bitsig teenoor
    klein kinders optree.

  • Die heel klein honderasse soos miniatuur-
    pinschers en klein diere soos hasies is
    dikwels ook ’n slegte keuse vir baie jong
    kinders omdat die diere ernstig beseer kan
    word as iemand hulle laat val. Onthou die
    troeteldier se welsyn is net so belangrik soos
    die kind s’n.

  • In party gevalle kan ouers besluit op ’n
    konsultasie met ’n gekwalifiseerde diere-
    gedragskenner voor hulle ’n troeteldier kry.
    Dié spesialiste kyk na alles wat ’n troeteldier
    se integrasie in ’n huishouding kan
    beïnvloed. Die soort blyplek leefstyl en
    struktuur van die huisgesin soort hond
    beskikbare tyd en jou finansiële hulpbronne
    kan bepaal hoe goed die hond inskakel. Dié
    soort assessering sal help dat jy ’n
    troeteldier kry wat inpas by jou gesin se
    behoeftes; in party gevalle sal ’n klant selfs
    besef dis die verkeerde tyd om ’n troeteldier
    te kry.
    Hou die volgende in gedagte wanneer jy
    ’n troeteldier vir jou kind oorweeg:
    1 Dink mooi na hoekom jy ’n troeteldier wil
    hê. Moet dit byvoorbeeld nie doen as jou
    kind spesiale behoeftes het nie want ’n
    hond kan enige probleme vererger; dit kan
    ook moeilik vir die hond wees.
    2 Maak seker jy het die fisieke emosionele
    en finansiële hulpbronne vir ’n troeteldier.
    3 Jy het nie ’n troeteldier vir elke kind in jou
    huishouding nodig nie – beskou ’n
    troeteldier as ’n nuwe lid van die gesin.
    4 Alle gesinslede moet leer hoe om honde
    en katte se lyftaal te lees sodat hulle weet
    wanneer om ’n troeteldier uit te los omdat
    dit geïrriteerd of bang is.
    5 Maak seker jy los nooit jou kinders en
    troeteldier alleen saam nie.
    KONTAK sava.co.za


V&A

Kyk diep
in my oë
Mia hou wel nie
van die strand nie
maar sy het die
mooiste seeblou
oë. – Nerina
Hayward
Steytlerville

Soos ons het
troeteldiere ook
beskerming teen die
son nodig! PetScreen
SPF23 (R75
shingavet.co.za)
is ’n breëspektrum-
sonskerm wat
spesiaal geformuleer
is vir honde katte
en perde.

4

w

t

NUUT

WEN!


Trots Suid-Afrikaans!

Free download pdf