I
n die romantiese Karoo-dorp Prins Albert is
Dewald en Erika van Zyl se Ta Malaâs
Cottages ân gewilde toevlug onder
stadsjapies. En as jy kyk na hul jongste
toevoeging ân netjies opgeknapte ou
âbrakdakkieâ (ân huisie met ân dak van latte en
klei so tipies van die Klein Karoo) is dit geen
wonder stersoekers kies om hier te bly wanneer
hulle die naghemel kom bewonder nie.
Die 35 m^2 -huisie met die bynaam Meerkat is
rustiek maar het elke gerief wat jy kan vra en ân
plattelandse bekoring soos min.
Hoewel die oorspronklike voorkant van die
huisie behou is uit respek vir sy 200 jaar oue
erfenis het die binneruimte ân algehele
gedaantewisseling ondergaan â ân liefdestaak wat
die Van Zyls bykans sewe weke geneem het.
Mure is platgeslaan om oopplanvertrekke te
skep die dak is vervang ân badkamer is
aangebou en groot vensters ingesit vir meer lig.
Die oorspronklike sementvloere is behou maar
het ân vars laag verf gekry. Die mure wat bly
staan het is steeds skeef soos ân mens van so ân
karaktervolle ou huis sou verwag. >>
Die tuin wat ontwerp is met
die strawwe Karoo-somers
in gedagte spog nou met
helder kleurspatsels in
die vorm van spekbome
rooi malvas blomdraende
rankplante en wildeknoffel.
Gaste wat
by Meerkat
oorbly word
aangemoedig
om iets op dié
muur te skryf.
54 tuis Februarie 2017
R1484
Boukoste
per m^2