Tuis. 02

(Tuis.) #1

’n Toevallige vonds


Erika en Dewald woon permanent in Lephalale waar hulle
verskeie gastehuise besit – dis die afgelope dekade hul brood en
botter. Maar die paartjie het in 2013 tydens ’n besoek aan Prins
Albert verlief geraak op dié Karoo-dorpie.
“Erika het ’n fotografiekursus by Louis Botha in Prins Albert vir
my bespreek as ’n verjaardaggeskenk. Terwyl ek daarmee besig
was het sy die dorp verken” vertel Dewald.
Soos die noodlot dit wou hê het sy afgekom op Ta Mala se
huisies wat toevallig te koop was. Hulle het ’n aanbod gemaak en
dit gekoop ondanks die feit dat dit 1 400 km van hul huis in
Limpopo is.
Kort daarna het hulle plaaslike bouers aangestel om met die
opknapwerk te begin maar dié kon net die hoofhuis klaarmaak
en basiese opknapwerk aan Meerkat doen voor die bouers-
vakansie vroeg in Desember aangebreek het.
“Ons het geen ander keuse gehad nie as om die werk self klaar
te maak want ons moes terug Lephalale toe en wou graag gereed
wees vir gaste voor ons teruggaan” sê Dewald. Ná vele lang ure
van harde werk en die hulp van hul seun Divan en dogter Tanya
kon hulle alles afhandel voor hulle huiswaarts keer.
“Ons het dalk ná die tyd gesê nooit weer nie maar ek en Erika
hou daarvan om ons hande vuil te maak.” >>


Dié buitestort is ’n wenner gedurende
die snikhete somermaande! Die rooi
keramiek-stortkop met wit kolle was ’n
geskenk van ’n antiekhandelaar wat dit as
“sampioen” in die winkeltuin gebruik het.

As dit by kontrakteurs kom kry


jy nie altyd waarvoor jy gevra het


nie. Ons het by onsself gedink: Dit


kan nie so moeilik wees nie. Kom ons


kyk hoe ver ons kom. – Dewald


’n Wonderlike gesinspoging en ’n stuk
geskiedenis wat weer trots in sy
eertydse glorie pryk. – Johan Spies
van Pennypinchers Timbercity

Die paartjie het nie die bouersvakansie
in hul pad laat staan nie én alles in
die Karoohitte van 40 ºC gedoen! Ook
het hulle die ouwêreldse karakter vir
die huisie lieflik bewaar. – Marian van
Wyk kreatiewe redakteur

As almal jou in die steek laat ...


  • Deon de Goede selfdoenkenner


’n Aangrypende storie van hoe ’n
romantiese huisie op die platteland
met sorg en sensitiwiteit herstel is.


  • Wicus Pretorius redakteur


Wat sê die beoordelaars?

Free download pdf