Tuis. 02

(Tuis.) #1

[]


Ná sowat anderhalf jaar in hul huis in Groenpunt Kaapstad het Abrie
en Hanneke Pretorius (inlas) besluit dis tyd vir ’n nuwe waskamer en
motorhuis. Toe reken hulle: As hulle in elk geval ’n bouery moet
trotseer kan hulle net sowel oë toeknyp en deurdruk met die
omskepping van die kelder in ’n gastekamer.
“Baie van die ou Eduardiaanse huise in Groenpunt het ’n ruimte van
sowat 1 m diep onder die vloer” vertel Hanneke. “Dit was onbenut en
as ons genoeg kon uitgrawe – onder toesig van ’n ingenieur natuurlik –
sou ons genoeg hoogte kon skep vir ’n ekstra vertrek.”
Toe maak hulle so en vandag sorg dié kamer wat op Airbnb gelys is
vir ’n gesonde inkomste wat help om hul huisverband af te betaal.
“Die aanvanklike plan was om die ruimte as ’n kantoor in te rig of
later as speelkamer vir kinders. Die idee om dit te verhuur het eers
later gekom toe ons vanweë Abrie se werk Amerika toe getrek het”
verduidelik Hanneke.
Omdat die Pretoriusse steeds in die buiteland woon bestuur ’n
agentskap Dale & Black die eiendom namens hulle. Hul diens sluit al
die sleurwerk en dag-tot-dag-take in. “Hulle het ’n fotograaf gereël ons
profiel op Airbnb geskep en hulle hanteer al die besprekings –
natuurlik teen ’n kommissie. Al wat ons moes doen was sorg dat die
kamer só ingerig is dat ons self graag daar sou wou bly!”
En dit is presies wat hulle deesdae doen wanneer hulle Suid-
Afrika toe kom – hulle bespreek eenvoudig verblyf in hul eie huis. >>

WIE Abrie en Hanneke Pretorius WAAR Groenpunt Kaapstad GROOTTE 35 m²
Lekker blyplek # 1 BESETTING Sowat 30% in die winter en 60% in die somer

ekstra inkomste


Die vloer is
duursame
sement wat
wit geverf is.

Februarie 2017 tuis 63

Free download pdf