Tuis. 02

(Tuis.) #1

Februarie 2017 tuis 83


Ons beantwoord nog vrae op

Die uitdaging
Vesna Fineberg skryf As die eienaar
van ’n dubbelverdieping-meenthuis is ek
ontevrede met die trap wat na die boonste
verdieping lei. Dis 1 m breed en meer
as 3 m lank en dit voel vir my asof dié
onooglike element ons leefarea oorweldig.
Ek het al oorweeg om dit met ’n spiraaltrap
te vervang maar die koste is bo my
vuurmaakplek! Wat kan ek doen om die
trap minder intimiderend te laat lyk en die
ruimte rondom dit beter te benut?

KONTAK WeatherPrufe Paints021 556 4200 weatherprufe.co.za

Dekor-


dilemma


DIE OPLOSSING
Die stilis en
otograaf Margaux Tait
an mylifestyled.co.za
ee die volgende raad:
ou dilemma is ’n
lgemene klagte by
upleks-eienaars maar
et ’n paar slim planne
jy e li ie andag van die trap aftrek
en die ruimte beter benut.
Voor jy planne maak met die trap skuif
eers die rusbank weg – dit staan in die pad
voor die trap en sal beter pas teen die
oorkantse muur.
Oorweeg die volgende vir die trap self:
1 Pakplek Jy kan die ruimte onder die trap
benut deur ’n kas daar te laat inbou.
Ontwerp dit met oop rakke en laaie wat
pasgemaak is vir jou behoeftes – ekstra
bêreplek is mos altyd welkom! Die sykant
van die kas sal dan regoor die voordeur
wees en kan benut word as hangplek vir
gaste se hoede en jasse.
2 Verf Ek stel voor jy verf die donker trap
wit dieselfde kleur as die muur waarteen dit
staan. Dit sal die trap met die muur laat
saamsmelt en die oog boontoe lei wat die
visuele impak daarvan sal versag. Don
McWilliam van WeatherPrufe Coatings
stel voor jy gebruik ’n dubbelpak-tipe
poliuretaan-verf (soortgelyk aan motorverf).
Jou tweede beste opsie is ’n epoksi- of
poliuretaan-emaljeverf.
3 Raak kreatief Hoekom bou jy nie ’n
boekrak onder die trap in nie? Ons kan

steeds nie uitgepraat raak oor die pas-
gemaakte boekrak in Waldimar Pelser se
woonstel (regs) in Johannesburg wat in ons
Maart 2015-uitgawe verskyn het nie. Dis ’n
trap en boekrak in een. Indien ’n pas-
gemaakte boekrak te duur is koop sommer
een of twee by ’n winkel en maak dit onder
die trap staan.
Dié ongemaklike ruimte is ook die
perfekte plek vir jou fiets; maak hake
onderaan die trappies vas om dit aan
op te hang.
En as jy ’n versameling wyn het wat ’n
tuiste nodig het is dit die perfekte plek. Ons
het selfs al ’n gastebadkamer onder ’n so
trap gesien!
4 Meubeluitleg Soos ek vroeër voorgestel
het skuif die rusbank na die oorkantse
muur. Die TV kan dan in die pasgemaakte
kas onder die trap staan. As jy ’n bestaande
TV-kas het kry ’n nuwe staanplek – en
nut – daarvoor. >>

Skets

Kojabu
Free download pdf