Tuis. 02

(Tuis.) #1

Februarie 2017 tuis 85


Ons beantwoord nog vrae op

Vra vir JJ


Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met
Derrich Gardner in sy program ƌĞŬĮƐŵĞƚĞƌƌŝĐŚ op RSG.

Op soek na
die vioolkasvy
Adelé van Heerden van Port
Elizabeth skryf Ek is al ’n
hele ruk lank op soek na ’n
vioolkasvy en het al verskeie
kwekerye gebel sonder sukses.
Daarom was ek baie bly om een
op bladsy 54 van die Oktober
2016-uitgawe te sien. Waar kan
ek een in die hande kry?
JJ antwoord Jy behoort
dit eintlik maklik te kry – vra
liewer daarvoor onder sy
botaniese naam Ficus lyrata.
Sterkte en stuur ’n foto na
[email protected] wanneer jy
dit raakloop! >>

Giftig of nie?
Johann en Anita Vosser
van Mokopane Limpopo
skryfOns woon op ’n
plaas en het twee groot
luiperdbome wat baie peule
afgooi. Kan ons beeste dié
peule eet of is dit giftig?
JJ antwoordDie
peule van party boomspesies
in die dieselfde familie kan
giftig wees maar volgens my
navorsing is die luiperdboom
s’n veilig.

Ficus lyrata

E-pos [email protected]

Free download pdf