Tuis. 02

(Tuis.) #1

Februarie 2017 tuis 87


Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n ekstragroot K9
Camper vir honde of ’n Kitty Castle vir katte van Wagworld (wagworld.co.za).
Die K9 Camper van supersterk seil is waterbestand wat dit perfek maak vir vuil pote en
nat agterente uitbundige jong honde en die oues van dae wat soms sukkel met ’n
glipsie of twee. Die Kitty Castle is gemaak van natuurlike Ilala-gras en het ’n los kussing
oorgetrek met koel polikatoen aan die een kant en snoesige kunspels aan die ander
kant. Albei is beskikbaar by voorste veearts- en troeteldierwinkels. Stuur jou foto’s
(minstens 2MB elk) en volledige kontakbesonderhede na [email protected] – dalk
is jou dieremaat ook ’n wenner!Sien ons kompetisiereëls op bladsy 127.

Dagsorg vir my hond
Lecia de Villiers van Kaapstad skryf
Ek woon in ’n dorpshuis met ’n eenjarige
labrador. Sy is tans alleen daar deur die
dag. My bure kla dat sy baie blaf en ek
voel sleg dat ek haar so alleen los; ek is
ook nie van plan om nog ’n hond te kry
nie. Ek het al gehoor van hondedagsorg
maar is dit regtig die geld werd?
Claire Mariotti-Thomas die eienaar
van BowHaus Doggy Daycare in Kaapstad
antwoord Honde is van nature tropdiere en
smag na geselskap hetsy dié van mense of
diere. Jou hond se geblaf is haar manier van
aandag soek.
’n Goeie dagsorgsentrum sal help met
sosialisering in ’n beheerde omgewing.
Labradors is taamlik sosiale honde en hulle
hou van aktief wees; dit verminder hul
frustrasies en die negatiewe gedrag wat
daarmee gepaard gaan. Groter honde het
oefening nodig en ’n goeie dagsorgsentrum
moet daaglikse stappies of soortgelyke
aktiwiteite aanbied.
Oorweeg ook die veiligheidsvoordele: Daar
is iemand wat na jou hond kyk en byder-
hand is indien sy enigiets sou oorkom. ’n
Dagsorgsentrum moet veilig skoon en groot
genoeg wees dat groot en klein honde daar
kan rondhol.
Die koste wissel van R90 vir vier uur tot
R135 vir die hele dag. By BowHaus bied
ons addisionele dienste aan en is ons bereid
om ure te verleng volgens jou behoeftes.
Ons kan ook jou hond bad en borsel
sodat sy op haar beste lyk (en ruik!); vir
meer omvattende versorging verskaf ons ’n
vervoerdiens na ’n troeteldiersalon (let wel
dat dié reëlings ekstra kan kos).
Nes mense is alle honde uniek en
individuele karakters met hul eie spesiale
behoeftes.
KONTAK 021 447 4504 bowhaus.co.za

V&A

Uitgedos vir aksie
Snoop Dog en Slush Puppy
skud hul krulle reg vir
Valentynsdag. – Dean Naidoo
Johannesburg

Agter elke kat ...


Kitkat die Lilac Point Tonkinese kat
en die Siberiese kat Artikatz Halle
oftewel “Allikat” is ’n gedugte paar.



  • Paul Treleven Irene


Trots Suid-Afrikaans!

WEN!

Free download pdf