Tuis. 03

(Tuis.) #1

MAKLIKE KARAMELSOUS



  • 180 ml Huletts SunSweet-
    bruinsuiker

  • 30 ml Huletts-gouestroop

  • 30 ml botter

  • 500 ml room

  • 15 ml whisky


1 Verhit die bruinsuiker gouestroop
botter en room saam in ’n klein kastrol
en roer tot al die suiker opgelos is.
Roer deurentyd tot die sous met ’n
kwart ingedamp is en ’n mooi
karamelkleur het (sowat 5 minute).
2 Roer die whisky by. Sit voor saam
met ryk donkersjokoladekoek of
roomys.


KANEELSUIKER-HASELNEUTE


  • 100 g haselneute

  • 15 ml water

  • 80 ml Huletts-strooisuiker

  • 3 ml kaneel


1 Sprei die neute op ’n bakplaat uit en
rooster in ’n voorverhitte oond teen
180 °C vir sowat 10 minute of tot mooi
bruin. Keer dit uit op ’n vadoek en vryf
soveel moontlik van die velletjies af.
2 Sprinkel die water oor die neute en
strooi die suiker en kaneel oor. Sit die
neute op ’n bakplaat wat met bakpapier
uitgevoer is en bak vir 10–15 minute tot
effens gekaramelliseer met ’n bros
suikerlagie. Gebruik as garnering vir
kolwyntjies sjokoladenageregte of
kaaskoek.

KARAMEL-EN-NEUTBROSLEKKERS


  • 40 ml botter

  • 125 ml Huletts-gouestroop

  • 300 g gesoute gemengde
    heel neute

  • 150 g donkersjokolade (opsioneel)


1 Smelt die botter in ’n diep
mikrogolfbestande bak. Voeg die
stroop by en mikrogolf op volle krag
vir 2 minute. Voeg die neute by meng
deur en mikrogolf op volle krag vir nog
5 minute of tot die neute ’n karamel-
kleur het. Keer die mengsel uit op ’n
bakplaat wat met bakpapier uitgevoer
is versprei egalig en laat heeltemal
afkoel in een soliede plak.
2 Smelt die sjokolade versigtig en
smeer dit oor die agterkant van die
broslekker-plak. Sit dit in die yskas tot
gestol. Sny in stukke en bêre in ’n
lugdigte houer. Dis ’n heerlike peusel-
happie of maak ’n wonderlike
geskenkie.

HULETTS PROMOSIE


Maart 2017 tuis 119

Free download pdf