Tuis. 03

(Tuis.) #1

  • 1 gaar hoender

  • 2 uie gekap

  • 5ml olie

  • 1 knoffelhuisie gekap

  • 1 brandrissie ontpit en gekap

  • 3ml elk fyn komyn koljander
    en paprika

    • 65ml blatjang

    • 30ml tamatiesous

    • 6 sesamrolletjies

    • bros slaaiblare

    • avokadoskyfies met
      suurlemoen gesprinkel

    • agurkies gesny




Rafelhoenderburgers
Onder R100 • Genoeg vir 6 • Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 5–10 minute


  • 500g lamsmaalvleis

  • 1 eier

  • 100g olywe ontpit en
    gekap

  • 1 sirkel fetakaas
    gekrummel

  • 3ml rissievlokkies

  • ’n knippie elk ment
    komyn en koljander

    • 30ml gekapte
      platblaarpietersielie

    • 250ml vars
      broodkrummels

    • 12 hamburgerrolletjies
      (vas aan mekaar)

    • hoemoes

    • tamatieskyfies

    • bros slaaiblare




Deli-‘sliders’(happiegrootburgers)
Onder R110 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15–20 minute

1 Meng die maalvleis met die eier olywe feta geurmiddels en
broodkrummels en geur ook met sout en peper. Skep die
vleismengsel in ’n diep bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is
en druk eweredig plat. Prik die vleis met ’n vurk en rooster dit
in ’n voorverhitte oond teen 220°C tot goudbruin en net-net
gaar (sowat 15 minute). Jy kan ook die roosterelement gebruik
maar pasop dat die vleis nie brand nie. As jy van jou burger
pienk hou rooster dit korter. Giet enige sous wat in die plaat
vorm af.
2 Sny nou die hamburgerrolletjies oop terwyl hulle steeds vas
aan mekaar is. Smeer ’n laag hoemoes op die onderste helfte
gevolg deur ’n lagie bros blare en sit dan die hele plaatburger
bo-op. Rond af met tamatie en die boonste broodjies voor jy
die lot in kleiner burgers sny.

1 Vlok die hoender en verwyder die vel en bene.
2 Braai die uie stadig in die olie tot glansend. Voeg die knoffel rissie
en speserye by en braai vir nog ’n paar minute. Roer nou die
blatjang tamatiesous en ’n bietjie water by en roer vir ’n minuut of
twee tot lekker dik. Roer dié uiesous deur die hoender en geur met
sout en peper na smaak.
3 Sny die rolletjies oop en rooster hulle vlugtig in ’n droë pan (voeg
’n klontjie botter by as jy hou van ’n gesmeerde broodjie). Sit ’n paar
slaaiblare op die onderste helfte skep ’n ruim lepel hoender bo-op
en rond af met avokado- en agurkieskyfies. Sit voor met geroosterde
groente of oondaartappels – dis ’n fees!

Tuisgemaakte burgers en broodjies is mos


lekkerder as dié van ’n wegneemplek!g p


DeurJohané Neilson •Foto’sFrancois Oberholster

Kos is


op die tafel


Suzelle DIY het ons aan dié “plaatburger”
bekendgestel – vinnig en maklik!

120 tuis Maart 2017

Free download pdf