Tuis. 03

(Tuis.) #1
Chorizo-en-hoenderlewer-‘subs’
Onder R120 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute


  • 1 chorizoworsie gesny

  • 200 g sampioene gesny

  • sowat 500 g hoenderlewer
    skoongemaak

  • 30 ml meel

  • sowat 90 ml bier

    • 1 rooi soetrissie gerooster
      en geskil

    • 30 ml gekapte
      platblaarpietersielie

    • 4 kort knoffelbrode

    • 1 rooi ui gesny

    • 4 gebakte eiers




1 Braai die chorizo in ’n dikboompan tot bros (wag voor jy olie
byvoeg – die vetterige worsie braai gewoonlik sy eie olie uit).
Voeg die sampioene by en braai tot geurig. Skep uit maar
behou enige olie.
2 Druk die lewer goed droog en sny in happiegroot blokkies. Rol
ligweg in meel gemeng met sout en peper. Braai die lewer nou in
dieselfde pan (voeg ’n skeut olie by indien nodig) tot goudbruin
oraloor. Skep die chorizo en sampioene terug in die pan en roer
die bier by. Geur met sout en peper en laat prut tot die vloeistof
met die helfte ingedamp het. Sny die soetrissie in repies en roer dit
saam met die pietersielie by.
3 Sny die knoffelbrode oop en vul met die lewer ’n paar uieringe
en ’n eier bo-op. Smul dadelik.

Rolletjies met varkworsies


Onder R80 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute



  • 8 vars varkworsies van
    goeie gehalte

  • 15 ml olyfolie

  • 15 ml korrelmosterd

  • 30 ml Dijonmosterd

  • 15 ml heuning

  • 1 rooi brandrissie
    ontpit en gekap

  • 200 g kersietamaties
    gehalveer

    • 15 ml rooiwynasyn

    • 1–2 uie geskil en
      in ringe gesny

    • 80 ml mielieblom

    • olie vir diepbraai

    • 4 Portugese rolletjies

    • botter of mosterd vir smeer

    • 300 ml koolslaai met wortel
      en koljander




1 Sit die worsies in ’n pan met ’n vinger kookwater en laat prut
rustig vir sowat 2 minute alkant. Giet die water af en voeg die olie
by die pan. Braai die worsies tot hulle oraloor begin bruin word.
Roer nou die mosterd heuning rissie tamaties en asyn by en
roerbraai tot als glansend en klewerig is.
2 Druk die uie goed droog met kombuispapier en meng met die
mielieblom sout en peper. Verhit sowat 1 cm olie in ’n klein kastrol
en diepbraai die uie in sarsies tot mooi bruin en bros. Skep uit op
kombuispapier.
3 Verhit die rolletjies ’n paar minute in die oond en smeer met
botter of mosterd. Pak koolslaai worsies en uieringe op elkeen.


Maart 2017 tuis 121


kortpadkos

Free download pdf