Tuis. 03

(Tuis.) #1

Die Durbanse kreatiewe paartjie Yanni en Sonia
Vosloo gebruik hul Kaapse wegbreekplek so
dikwels moontlik hetsy wanneer hulle in die
stad kom kuier of sake doen. Tussendeur
verhuur hulle die woonstel deur Airbnb.
Hulle het die omskepte klerefabriek die
eerste keer op Instagram raakgesien. “Ons het
’n plan gemaak om Kaap toe te kom en daarna
te kom kyk – en die res is geskiedenis” verduidelik Yanni
handelswaredirekteur van ’n dekorwinkelgroep.
Die voorkoms wat hulle in gedagte gehad het was dié van ’n tipiese
kunstenaarsolder met al die geriewe van ’n moderne woonstel. “Dit
was so ’n plesier om ’n skoon skilderdoek te hê” sê Yanni.
Aangesien die ruimte heeltemal leeg was het Sonia se kreatiewe
agtergrond nuttig te pas gekom. As die eienaar van Shoppe in Durban
se byderwetse Station Drive Precinct – ’n winkel wat besonderse
plaaslike keramiekware kuns aandenkings en dekor verkoop – is sy
passievol oor plaaslike ontwerp.
Met die versiering van die woonstel het die paartjie inspirasie geput
uit die energie kreatiwiteit en industriële karakter van die buurt.
“Woodstock het die toon aangegee vir ons monochroom kleurskema;
ons het swart wit en grys gebruik saam met aksente in kobaltblou en
geel” verduidelik Yanni.
Hulle vermy opgaargoed danksy Yanni se filosofie van “Verander
voortdurend. Organiseer en maak seker daar is genoeg bêreplek.” >> Huurnavrae


airbnb.com/rooms/6496952?s=8IaB

In die eetdeel skuif banke onder die tafel in om
ruimte te bespaar. Die Vosloos het die sitplekke swart
geverf vir kontras met al die houtoppervlakke. Dit pas
ook by hul swart Smeg-yskas. Albei woonstelle het
reeds dié bal-en-klou-wasbakeenhede (links) gehad.

Die TV-hoekie het ’n gemaklike rusbank maar jy kan
ook uit die dubbelbed agter die bank TV kyk. ’n Lae
koffietafel en buffet hou die ruimte skoon en oop en
veelsydige sytafels kan rondgeskuif word soos nodig.

’n Oop boekrak skei die slaapdeel van die kuierkol
langs die kombuis maar laat steeds heelwat
natuurlike lig in. Die leerbank bied slaapplek
wanneer vriende of familie kom kuier.

Rakeenheid van
Vamp
Free download pdf