Tuis. 03

(Tuis.) #1
[SÓ HET YANNI EN SONIA
HUL WOONSTEL INGERIG]
In pas met die solderwoonstel-voorkoms het Yanni en
Sonia die oopplan-ontwerp behou. Pleks van mure of
afskortings het hulle hul meubels en afwerking
versigtig gekies om die onderskeie funksionele
ruimtes (vir slaap ontspan eet en kook) af te baken.
Yanni verduidelik:


  • Ons het ’n oop boekrak as kamerverdeler tussen
    die slaap- en leefdeel gebruik. Vir die slaapdeel het
    ons lae meubels gekies wat ’n knus intieme
    atmosfeer skep sonder om die vloei te versteur.

  • Terwyl ryk teksture soos hout en ongepleisterde
    bakstene warmte skep dra tekstiele soos kunspels
    leer en geweefde katoen by tot ’n sagter voorkoms en
    visuele lae.


Bed deur Pedersen + Lennard;
swart-en-wit gestreepte mat van
MRP Home; skildery
deur Kurt Pio

46 tuis Maart 2017


gevallestudie klein ruimtes

Free download pdf