Tuis. 03

(Tuis.) #1

[ ]


WIE Frances Eberhard

f


Woonstel # 2


Frances het haar hart verloor op die
ruimte lig en uitsig van dié woonstel en
het dit in Oktober 2014 as bykans leë
dop gekoop. Toe het sy met ’n geld-
slim opknapprojek persoonlikheid en
verskillende leefgedeeltes geskep sonder
om strukturele veranderinge te maak.
“Toe ek die woonstel gekoop het het
dit ’n basiese kombuis en badkamer
gehad wat min werk nodig gehad het”
sê Frances wat die Norkitt Education
Leadership Initiative (NELI) bedryf; dis
’n projek sonder winsbejag wat op

gemeenskapsbetrokkenheid by skole
fokus. “Al die veranderinge was
kosmeties insluitend die laaghoutvloere
wat ek laat installeer het en die rakke wat
as kamerverdelers ingespan word.”
Die laaghout verleen warmte aan ’n
oorwegend industriële ruimte. Frances
verduidelik: “Eklektiese stukke wat nie
modern is nie en persoonlike waarde
inhou versag die industriële voorkoms.
Ek hou ook van baie plante en boeke; dit
laat die plek organies pleks van steriel
voel.” >>

Danksy die verhewe vloer is die
uitsig van die rusbank af ’n wenner.
Dis Frances se gunsteling-werkplek
wanneer sy nie by die kantoor of op
skoolbesoeke is nie. “Wanneer ek by
die huis werk sit ek op die bank en
kry ek inspirasie van die uitsig op die
stad en Leeukop” sê sy.

Chesterfield-bank
van Klooftique; rak
pasgemaak deur
Hot Orange

'ƌŽŽƩĞ͗ϳκരŵР


Maart 2017 tuis 47

Free download pdf