Tuis. 03

(Tuis.) #1

[SÓ HET FRANCES HAAR WOONSTEL INGERIG]


Al was daar genoeg plek vir ’n aparte slaapkamer was dit ’n
reuse-uitdaging om die slaapdeel af te baken sonder om die
uitsig op Leeukop te bederf en die natuurlike lig wat by die
groot industriële vensters instroom in te boet. Frances
verduidelik watter ontwerpelemente sy gebruik het om die
verskillende ruimtes van mekaar te skei:



  • Ek het die helfte van die vloer – dié van die slaap- en sitdeel
    wat by die vensters is – verhoog. Só vorm die kombuis en
    eetarea ’n aparte sone en kan ek die uitsig deur die hoë
    vensters beter waardeer. Ek het ook laaghout-boekrakke as
    kamerverdelers laat installeer.

  • Die woonstel het blink swart teëls gehad wat ek met laaghout
    bedek het. Dit was die goedkoopste opsie en skep ’n heerlike
    warm organiese gevoel.

  • Ek het die bestaande beligting vervang met hanglampe en
    taakbeligting wat poele lig skep waar nodig en bydra tot die
    gesellige atmosfeer.

  • Ek het heelwat bêreplek geskep sodat die plek nie deur-
    mekaar lyk nie. Buiten die ingeboude kaste en oop rakke is
    daar ook pakplek onder die verhewe vloer met toegang via
    twee valdeure.


Die eetkamertafel en stoele het aan
Frances se ouma behoort. ’n Smal
boekrak dien ook as uitstalplek vir
kosbare kunswerke.
Vintage-hanglamp van Anouk

’n Ingeboude kas in die aantrekdeel
tussen die slaapkamer en badkamer
verskaf oorgenoeg pakplek. Die
oop rakke skei die slaapkamer van
die ander leefgedeeltes maar laat
steeds natuurlike lig in.

Kaste en rakke ontwerp deur
Louis Nel en pasgemaak
deur Hot Orange; mat van
MRP Home

Slim plan
In die kombuis het Frances ’n blou
strook bo die kaste geverf – ’n
ŬŽƐƚĞĚŽĞůƚƌĞīĞŶĚĞŵĂŶŝĞƌŽŵĚŝĞ
ǁŝƚƐƉĂƚƉĂŶĞĞůŵĞĞƌƚƌĞŅƌĂŐƚĞŐĞĞ͘

Waar die speseryrak nou is (bo) was eers ’n venster wat
op die gebou se gemeenskaplike gang oopgemaak het



  • ’n slim plan om ruimte te bespaar!


48 tuis Maart 2017

Free download pdf