Tuis. 03

(Tuis.) #1
VERSKAFFERS Anouk Furniture 082 856 4624 anoukfurniture.co.za Ashanti Design 021 461 0367 ashantidesign.com Fenton & Fenton fentonandfenton.com.au
Hot Orange 072 855 7720 hot-orange.co.za Klooftique 021 424 9458 klooftique.com Kurt Pio kurtpio.co.za Louis Nel 073 678 3579 MRP Home 0800 212 535
mrphome.com Pedersen + Lennard 021 447 2020 pedersenlennard.co.za Skinny laMinx 021 424 6290 shop.skinnylaminx.com Urba 021 426 1030 urba.co.za
Vamp 021 448 2755 vampfurniture.blogspot.comenton

Met sulke oop ruimtes is daar legio maniere om dit in te rig en
kan jy jou kreatiwiteit vrye teuels gee. Al het albei dié
woonstelle reeds ’n kombuis en badkamer gehad het die
eienaars hul persoonlike stempel daarop afgedruk:


  • Die grootste verskil tussen die twee woonstelle is dat Frances
    die vloer van haar slaap- en leefdeel verhoog het terwyl die
    Vosloos meubels gebruik het om die twee dele te skei.

  • Die Vosloos en Frances het albei die slaapdeel langs die
    vensters ingerig. Frances het ’n instapkas in die ruimte tussen
    die slaapdeel en kombuis ingebou en die Vosloos ’n kuierkol
    met ’n slaapbank en klein kas vir ekstra beddegoed en klere.

  • Die Vosloos het die kombuis net so gehou maar ’n groot
    agtsitplektafel ingebring. Frances het ’n kleiner eetkamertafel
    en ’n ou werkbank as eilandeenheid gekies.

  • Frances het die sit- en eetdeel met ’n boekrak geskei terwyl
    die Vosloos dié ruimtes oop gelos het.


Hou die volgende in gedagte



  • ’n Oopplanruimte het sy nadele: Daar is minder mure en dus
    minder plek om kuns op te hang of kaste in te bou; dis ook moeiliker
    om geraas van byvoorbeeld ’n stofsuier of TV te demp as jy by die
    huis studeer of werk en nie alleen woon nie.

  • ’n Oopplanwoning kan bedrieglik groot lyk veral as dit leeg staan.
    Vergelyk die oppervlakte met jou huidige blyplek s’n om te bepaal of
    dit groot genoeg is vir jou.

  • As jy aparte vertrekke wil skep vra ’n argitek om die potensiaal van
    die ruimte te ondersoek voor jy koop. Daar kan faktore wees wat die
    projek kan belemmer soos openings vir lig en lug asook die posisie
    van water- en kragpunte. Dit het alles ’n invloed op hoe jy die ruimte
    kan opdeel veral wat badkamers en kombuise betref.


[Nie alkant selfkant]


’n Geelhout-werkbank
van Frances se ouma
dien as eiland-
eenheid. “Blokke
onder die pote sorg
dat dit toonbank-
hoogte is.”

’n Kenner gee raad
Oopplan-blyplekke soos dié is nie
vir almal nie. Die argitek Etienne
Britz van Urba (voorheen van
Boukuns Architecture wat die
klerefabriek in die twee woonstelle
omskep het) het die volgende raad:
Skep verskillende sones


  • Beplan die meubelplasing versigtig.
    Onthou dat net een of twee meubelstukke
    teen ’n muur kan staan; die agterkant van
    byvoorbeeld ’n rusbank sal soms sigbaar
    wees (soos in die Vosloos se woonstel).

  • Frances se plan om een deel van die
    vloer te lig en verskillende afwerkings
    daarop te gebruik soos sy in die kombuis
    gemaak het is ’n goeie manier om die
    ruimtes af te baken. Oorweeg ook los
    matte om ’n sone te anker soos in die
    Vosloos se TV-ruimte.
    Kies jou meubels slim

  • Moenie te veel meubels inprop nie; maak
    seker daar is genoeg oop ruimte vir ’n
    logiese vloei tussen die onderskeie dele.
    Onthou al jou meubels en dekor is met
    een oogopslag sigbaar.

  • ’n Diep boekrak met oop rakke wat jy
    aan weerskante kan gebruik is nuttig. Aan
    die ander kant kan ’n rak met ’n soliede
    rugkant die afskorting tussen die slaap- en
    leefdeel wees.
    Beligting

  • Lampe wat die verskillende ruimtes
    individueel belig skep ’n geselliger
    atmosfeer as sentrale oorhoofse beligting.
    Staanlampe skep ’n warm knus gevoel
    terwyl oorhoofse buisligte ’n ruimte koud
    en onpersoonlik kan laat voel.


[VOSLOO-WOONSTEL FRANCES SE WOONSTEL]


N
Staalraamvensters

TV-en-sitdeel Slaapdeel

Kuierkol met
slaapbank

Badkamer

Eetdeel

YskasLaaikasStoof Kassie

Skottelgoed-
wasser

Strukturele
pilaar

Wasbak
Stort

N
Staalraamvensters

Slaapdeel

Aantrekruimte

Kombuis

Badkamer Skottelgoedwasser
Wasbakkas

YskasLaaie Stoof

Kamerverdeler Trap

Stort

Kombuis

Sitdeel

Verhewe vloer
Free download pdf