Tuis. 03

(Tuis.) #1

88 tuis Maart 2017


klein tuine


Met net ’n paar wilde pienk rankrosies oor
’n muur ’n Camellia japonica in die
linkerhoek en ’n berkeboom in die
regterhoek van die tuin het Elmari
Rautenbach by haar Victoriaanse huis in
Kenilworth begin werskaf.
“Hier was feitlik niks tuin toe ons 20 jaar
gelede ingetrek het nie. Die huis het ’n paar
maande leeg gestaan en die struike was
verdor die gras dood en die rotte en goggas
het baljaar” vertel sy.
Elmari het die hulp van ’n tuinboukundige
ingeroep maar sy was glad nie so mal oor
alles wat hy gedoen het nie. “Deur die jare
het ek van al hoe meer goed wat hy geplant
het ontslae geraak en my eie kop begin
volg. Ek is nie ’n bedrewe tuinier nie maar
ek weet waarvan ek hou: geur en kleur.
Geen alles-wit tuin vir my nie dankie. En
met verloop van tyd het ek die tuin verander
na wat dit vandag is.”
Een van die eerste goed wat Elmari ’n
vryskutjoernalis gedoen het was om van
die baksteenwerk voor hul slaapkamer se
komvenster uit te haal en die grond met
klippies te bedek. Hier het sy bergvarings
en ’n Eugenia-boompie geplant wat sy jaar
ná jaar koeëlrond snoei. Dit is een van die
enkele formele elemente in haar tuin.
“Agter was die grootste werk” onthou sy.
“Omdat die tuin amper heeltyd in die skadu
is en die gras net ’n bietjie son kry in die
middae was dit ’n konstante stryd om die
gras aan die gang te hou. Uit nood het ek
die beddings begin groter maak en op dié
manier ook meer plek vir blomme gekry.
“En ná ’n besoek aan die Jardin des
Plantes ’n botaniese tuin in die hart van
Parys was ek oortuig al die gras in die
voortuin moet uit. Ek het ’n vierkant geskep
met groot plaveiblokke die sementfontein
wat teen die agterste muur gestaan het
middel toe geskuif en begin blommetjies
plant: wit blou en geel rondom die fontein
om by die kleure van die huis se mure en
afwerking en die hortjies te pas. Die groter
beddings en voortuin is verder gevul met
lekkerruikplante soos katjiepiering tuin-
heliotrope skoenlapperbos boerejasmyn
sterjasmyn rose en geurige bolplante
soos freesias.
“Dit is vir my ontsettend lekker om in die
winter op die agterste stoeptrappie met ’n
beker tee te gaan sit met my voete in die
son. In die somer sit ek weer op die hout-
bank op die voorstoep en kyk en luister na
die voëls.”

Elmari se tuinwenke


  • Gee jou plante kos maar nie te veel nie. Ek
    het onlangs ghwano ontdek. ’n Mens kan dit
    by enige kwekery koop. Een pilletjie in ’n pot
    ruk daardie plant onmiddellik reg!

  • Potplante moet so elke twee jaar
    oorgeplant word om mooi te bly. En dit moet
    op bakstene staan (al lyk dit lelik) om
    behoorlik te dreineer. Of koop van daardie
    duur potplantvoetjies.

  • Snoei maar op die regte tyd. Ek hou van
    netjiese goed en snoei doen wondere vir jou
    tuin. Maar as jy op die verkeerde tyd snoei
    kan jy ’n plant lelik beskadig. Dit het ek al
    agtergekom!

  • Moenie te veel water gee nie. Plante kan
    met minder water klaarkom as wat jy dink.

  • Verskillende hoogtes in balans maak ’n tuin
    interessant so ook verskillende kleure groen
    en verskillende teksture.

  • ’n Duur les wat ek geleer het: Moenie
    plante te opmekaar plant nie want so kom
    hulle nooit tot hul reg nie. Dieselfde geld vir
    hoe diep jy dit plant. ’n Suurlemoenboom op
    ĚŝĞĞƌĨŚĞƚůĞƩĞƌůŝŬǀĞƌƐŵŽŽƌŽŵĚĂƚĚŝĞ
    vorige eienaars die stoep opgebou het en
    nooit die boom gelig het nie.

  • Gebruik plante om lelike mure en uitsigte
    te versteek. Die sterjasmyn maak ons
    motorhuis toe en boerejasmyn is agter die
    kombuisvenster geplant. Dan het elke
    venster wat teen die buurman se muur
    vaskyk ’n groot groen potplant daarvoor.

  • sterjasmyn (Trachelospermum
    jasminoides)

  • rose rose en nogmaals rose!

  • katjiepiering (Gardenia-sp.)

  • boerejasmyn (Philadelphus
    coronarius)

  • skoenlapperbos (Buddleja davidii)

  • kamelia (Camellia japonica)

  • hibiskus (Hibiscus-sp.)

  • varkore (Zantedeschia aethiopica)

  • magrietjies (Argyranthemum-hibriede)

  • essenhout (Ekebergia capensis)


GEURIGE EN ANDER GUNSTELINGE

Daarvirmyniks


lekkerdersasom’n


paar goed te snoei


’n hangkop-blom op


te bindofdooie


blommetjiesafteknip


nie.Disongelooflik


terapeuties.– Elmari


1 Camellia japonica
2 Muur met klimop
3 Wit agapante
4 Sterjasmyn
5 Silwerberk
6 Aartappelranker
7 Bedding met oorwegend
geel blou en wit blomme
(onder meer rose gesiggies

en skoenlapperbos)
8 ZŽƐĞŝŶƉŽƩĞ
9 Rankroos
10 Bedding met
lekkerruikplante soos
tuinheliotrope katjiepiering
en rose
11 Magrietjies

Tuinplan

12

3

3 3

4

4

5

5

6

8

9

10

11

7

VERSKAFFER The Greenhouse at Montebello
021 689 9598 montebello.co.za
Free download pdf