Tuis. 04

(Tuis.) #1
Franseroosterbrood-wafels
Onder R60 • Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute


  • 8 snye rosyntjiebrood

  • sowat 60 ml Nutella-
    sjokoladesmeer

  • 3 eiers

    • 125 ml melk

    • 5 ml suiker

    • 2–3 piesangs gesny

    • versiersuiker vir voorsit




1 Smeer 4 snye rosyntjiebrood met die sjokoladesmeer en bedek
dit met die ander 4 snye. Klits die eiers melk en suiker saam.
2 Verhit jou wafelpan tot die liggie afskakel en spuit met kleef-
werende kossproei. Doop nou die sjokoladetoebroodjies een vir
een in die eiermengsel tot goed bedek en braai dit in die wafelpan
tot gaar. (In ’n klein wafelpan sal jy dalk net een op ’n slag kan
maak maar dis binne minute gaar – en groot pret.) Alternatiewelik
kan jy dit in ’n gewone pan braai.
3 Herhaal met al die broodjies sny in kwarte pak skyfies piesang
bo-op en sif versiersuiker oor. Al wat nou kort is ’n lekker koppie
boeretroos.
VariasieKies aarbeie en suurroom pleks van die piesang en
versiersuiker.

Bircher-muesli


Onder R75 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
(al word die muesli vinnig gemaak moet dit oornag staan;
doen dit dus die vorige aand)



  • 450 ml warm rooibostee

  • sowat 125 ml heuning

  • 8 droëperskes gekap

  • 500 ml hawermout

  • 125 ml gemengde neute
    sade en droëbosbessies

    • sowat 450 ml Griekse
      jogurt

    • 4 perskes in happiegroot
      blokkies gesny




1 Meng die tee 30 ml van die heuning en die droëperskes
saam en laat staan om effens af te koel. Meng louwarm deur
die hawermout en sit oornag in die yskas.
2 Om voor te sit kan jy óf al die bestanddele meng óf dit in
lae in individuele bakkies of potjies skep. Die kombinasie van
sagte hawermout romerige jogurt soet heuning vrugte en
neute is heerlik en jy kan maklik die byvoegings aanpas na
gelang van wat jy in die huis het. So maklik soos dit.
Het jy geweet?Bircher-muesli se naam is ontleen aan ’n
Switserse dokter Maximilian Bircher-Benner. In dié ontbyt
word die hawermout nie gekook nie maar geweek tot gaar –
vandaar die oornag-staantyd.


April 2017 tuis 121


kortpadkos

Free download pdf