Tuis. 04

(Tuis.) #1

124 tuis April 2017


Klink ’n glasie op goeie kos en geliefde familie!


Food
&
kos drank

Saamgestel deur Johané Neilson
Rooiwarm
Die nuwe Banting
Revolution-produkreeks
van Checkers sluit
meer as 30 produkte
soos broodmengsels
suiker-alternatiewe
(stevia en xilitol) en
amandel- en
klappermeel in.

Persoonlike aandag
Reuben at Home (R345 Quivertree)
die jongste kookboek deur die
welbekende plaaslike sjef Reuben Riffel
is ’n lekkerlees-kookboek sonder
fieterjasies geïnspireer deur smake wat
hy uit sy verlede onthou. Reuben deel
boonop ’n paar geheime oor hoe hy vir
familie en vriende kos maak
wanneer hy by die huis is. Sy
geheime bestanddeel? Liefde.

Olé!
Verbeel jou smullekker geregte deur die
sjef Martin Senekal tropiese dekor en ’n
onverbeterlike uitsig op die see dan het
jy ’n idee van wat om te verwag by La
Parada Del Mar in Victoriaweg
Kampsbaai. Die kos is perfek vir deel –
tuna met ’n sesamsaadkors gebraaide
seekat ham-krokette en die wonderlikste
panna cotta met ’n koffiegeur is net ’n
paar van die hoogtepunte. Maak seker jy
het tyd om te kuier oor ’n skemerkelkie ...
Sien die spyskaart by laparada.co.za.

Skink ’n glasie
Die Bo-Vallei Chenin Blanc
(R60 bosmanwines.com)
van Bosman Family Vineyards


  • in ’n weggesteekte vallei aan
    Bainskloof se kant van
    Wellington – het geure van
    vars sitrus gekombineer met
    perskes en witpere. Dit pas by
    ’n verskeidenheid geregte van
    slaaie en pasta tot geroosterde
    seekos of pluimvee.


Swaai die appels


Cluver & Jack-sider (vanaf R19 Tops
at Spar) is verfrissend en droog met ’n
natuurlike vars appelgeur. Dit word in
die Paul Cluver-wynkelder op Grabouw
gemaak en dié outentieke sider se basis
is ’n Granny Smith-appel – die res is ’n
goed bewaarde geheim! Besoek
cluverjack.com.


Hier kiep-kiep


Hoender-rasper met bakkie
R24995 pylones.co.za

Paaskuns


Eierkunsstel met
spesiale kleursel en
bykomstighede R6999
woolworths.co.za
Free download pdf