Tuis. 04

(Tuis.) #1

raad kortliks


V: Het die huiseienaars die
stewelrak op bladsy 27
van die Januarie-uitgawe
self gemaak? – Kelly
Frielinghaus Oos-Kaap
A: Ja! Linda Evans en
Almarie Mead het die
rak gemaak van ’n ou
dennehoutstoel se pote en
oorskietvloerplanke. Hulle
het gate met dieselfde
deursnee as die stoelpote
in ’n plank geboor en die
pote met houtlym daarin
vasgesit; twee afvalplanke
onderaan hou die rak van
die grond af.

V: Ek het in Suid-Afrika kom vakansie hou en het
absoluut verlief geraak op die Engelbrechts se hasie-
strooikussing op bladsy 54 van die Desember
2016-uitgawe. Waar kan ek die lap in die hande kry?


  • Amanda Fergusson Londen
    A:Die lap is Bashful Bunny (280cm breed R895/m) van
    Studio Collection (031 561 1162 studiocollection.co.za).
    Hulle het takke in Durban en Johannesburg maar jy kan
    aanlyn bestel en hulle lewer wêreldwyd af.


V: Watter kleur is die
pragtige kas op bladsy 59
van die Augustus 2016-
uitgawe? – Marlene van
Zyl Somerset-Wes
A: Die eienaar Minette
Thuynsma het Tuis|Home
Dirty Hands Chalky Décor
Paint in Duck Egg gebruik.
Ons verkoop nie meer die
verf nie maar dis nog
beskikbaar by ons
verskaffer Friedel Korff;
stuur e-pos na
[email protected].
Jy kan ook Annie Sloan
se kleure Provence en
Old White meng vir ’n
soortgelyke skakering.

V: Ek is dol oor die groot houtbril met spieëls in die rame op bladsy 41
van Januarie 2016 se Tuis. Waar het die huiseienaar dit gekry?


  • Emma Stevens Ruimsig
    A: Dis gekoop by Abode ’n oulike huiswarewinkel in Woodstock
    Kaapstad. Hulle verkoop ook pasgemaakte ligte en meubels. Stuur navrae
    na [email protected] of soek hulle op Facebook.

Free download pdf